Die Afrimerikaner

Name:
Location: Oxford, Mississippi, United States

"Hold fast to dreams, for if dreams die, life is a broken winged bird that cannot fly!"

Friday, October 03, 2008

Potjiekos met seëninge

Verbasend staan ek stil, my eie lewe, die van 'n dromer. 'n Gedagte wat vir agt minute in my kop rond karjakker. Hierdie gedagte 'n spruit van 'n wete. Potjiekos vir die siel in hierdie wete.

Naasteliefde lê wel vêr, maar in hierdie liefdebande word jy groot. 'n Tyd van kompos en eie voete vind, 'n glimlag in die son want ek weet mos, sy abba my soos haar eie kind. Twee jaar oud had hy nou, die dromer van Afrika, kaal voete in die more dou. Los gebreek van alles wat hom bind, swerwer sonder rigting, 'n soeker wat wel vind.

"Strand toe", se sy toe eendag vir hom, "twee sal jy daar vind, 'n sela vir jou vrede en 'n sela vir jou gesin." Ek loop met haar in my kop. Oppad see toe, ek sal eendag weer by haar grafsteen stop. Klomp kaal voete wat my help langs die pad. Water vir die dors, julle hou my lippe nat.

In hierdie gedagte 'n rilling wat my rug laat bewe, dankie vir jou kompas, die wete dat ek my droom kan lewe.